Welkom by Kleuterwoud Kleuterskool

Baie welkom by ‘n kleuterskool met ‘n verskil, vir kindertjies tussen 4 maande en 6 jaar. Ons hoofdoel is om te speel. Ons aktiwiteite gaan wissel van rustige, sowel as besige tye, roetine sowel as uitdagings, pret sowel as ernstige takies.

Ons wil graag vir julle kind ‘n veilige omgewing skep waar binne hy/sy kan waag, verken en ontwikkel tot ‘n volwaardige gebalanseerde mens.

Kleuterwoud in ‘n neutedop!

  • Gegradueerde onderwyseresse by die kleuterklassies.
  • ‘n Geskoolde en ervare assistent vir elke klas.
  • ‘n Lae kind tot onderwyser ratio (klein klassies vir meer individuele aandag).
  • Onderrig deur Christelike beginsels.
  • Hoë akademiese standaarde, in ‘n liefdevolle en huishoudelike omgewing.
  • Ontwikkeling van skoolgereedheid.
  • Goed toegeruste speelterreine vir verskillende ouderdomsgroepe.
  • Uitstekende opvoedkundige leer materiaal.
  • Uitkoms gebaseerde kwartaalikse assessering, en kwartaalikse vorderingsverslae.
  • Gereelde opvoedkundige instappies soos die brandweer, poppekas, diereplaas, reptiele ens.
  • Bak-en-brou en mors aktiwiteite dae.
  • Ons voorsien gebalanseerde etes: pap, middagete en verversings.
  • ‘n Verskeidenheid buite-muurse aktwitweite in Kultuur, Sport en Wetenskap.
  • Jaarlikse funksies soos Sportdag, Oupa-en Ouma-dag en Konserte.
  • Kliniekbesoeke.
  • Personeel opgelei in basiese noodhulp en brandgevaar.

Personeel

Klasse

Kleuterwoud belangrike datums

7 Januarie
Kleuterwoud open

12 Februarie
Oueraand

14 Februarie
Liefiedag

1 Maart
Bakkersdag (Olifantklas)

13 Maart
Uitstappie Feesterrein

15 Maart
Rapporte uitdeel

18 April
Fotodag

3 Mei
Bakkersdag (Pandaklas)

25 Mei (Saterdag)
Sportdag

12 Junie
Instappie Brandweer

14 Junie
Rapporte uitdeel

18 & 19 Julie
Oupa & Ouma dag

30 Augustus
Bakkersdag (Tiertjieklas)

17 September
Playball & Ballet spogdag

4 Oktober
Bakkersdag (Dinoklas)

Oktober
Konsert

29 November
Afsluiting partytjie

4 Desember
Rapporte

12 Desember
Kleuterwoud sluit

8 Januarie 2020
Kleuterwoud open